Storiestapels

Hierdie is 'n joernaal van stories... die stories van my lewe, en stories van my pad met God. Die lewe spoed verby, en ons moet hardloop om by te hou. In die proses vergeet ons soms die wonderlike en spesiale stories wat ons al saam met God ervaar het. Ek wil begin om my stories... Continue Reading →

Advertisements
Featured post

Soos pilare uitgebeitel vir ‘n paleis

Die laaste tyd het ek skielik gereeld te doen gekry met ma's met baba's of klein kindertjies, en ek is opnuut dankbaar dat daardie deel van my lewe agter die rug is! Moet my nie verkeerd verstaan nie: ek was mal oor my klein dogtertjies en het dit geniet om hulle te sien ontwikkel en... Continue Reading →

Om aan te gaan sonder Ma.

Dis nou 3 maande sedert my ma oorlede is.... 3 maande van oppe en affe soos ek nog nie vantevore ervaar het nie. Baie meer vrae as antwoorde.  Onsekerhede. Herinnerings. Nuwe "realities"... Aan die begin was dit my grootste begeerte om met ander vriendinne wat reeds hul ma's verloor het te praat om te probeer... Continue Reading →

Drome vs bereidwilligheid

Ek besef die laaste tyd net weer hoe arrogant ons as mense dikwels is....  ons worstel met iets en die Here antwoord  of wys ons wat om te doen.  Sommer gou maak ons reëls daaroor vir ons mede-gelowiges, ons bied seminare aan of skryf boeke om vir die wêreld te vertel presies hoe die Here dink en wat die geheim is om seën te ervaar.  Ons weet mos nou presies wat Hy van ons (en die res van die mensdom) verwag, wat ons moet doen en hoe dinge gedoen moet word.

Dankbaarheid-Donderdag

Verlede week lees ek ‘n blog gelees van iemand wat skryf oor haar vriendin se Thankful Thursdays, en dit het my aan die dink gesit. Dalk is dit tyd dat ek ook meer gereeld neerskryf wat die dinge is waarvoor ek dankbaar is. Dit is mos ook deel van my storie en God se reis met my.  So vandag is dit wat ek doen: Ek is dankbaar vir:

Die Luuksheid van Coke

Party mense is darem SO gelukkig!  Kan koop wat hul harte begeer, vakansies hou op eksotiese plekke, sommer vinnig op ‘n vliegtuig spring om vir n naweek te gaan kuier.  Terwyl ek met net die nodigste moet klaarkom.....  Of nie?? Ek besef die laaste tyd net weer hoe relatief die lewe is... hoe dit wat... Continue Reading →

Ek hou mos van Blou-wees..

Kom ek erken dit nou maar: ek geniet my eie “pity parties” en kan nes ‘n vark in modder tog te lekker in my selfbejammering rondrol!! Die afgelope week of 2 trap ek  weer vierkantig in daardie slagyster... Dit begin met ‘n paar laat aande wat veroorsaak dat ek die volgende oggend sukkel om vroeg... Continue Reading →

As jou bootjie geskud word…

Ek dink die Here hou daarvan om ons op ons tone te hou. Nie op ‘n vermaaklike “jy-weet-tog-nie-wat-volgende-kom” manier nie, maar eerder op ‘n “kom-bietjie nader-raai-wat-het-Ek-NOG-vir-jou” manier. Ek is nie iemand wat hou van te veel verandering of skielike verrassings nie. As ek “content” en gelukkig is, het ek geen behoefte aan vuurwerke en verskietende... Continue Reading →

Stook jy of blus jy?

Die brande in die Suid-Kaap en veral Knysna het almal van ons in die omgewing, maar ook landswyd, diep geraak. Skielik het ons besef hoe broos hierdie lewetjies en koninkrykies is waaraan  ons elke dag so verwoed  bou. Ons emosies het wipplan gery tussen vrees en vreugde,  wanhoop en verbasing, moedeloosheid en oorweldigende dankbaarheid .... Continue Reading →

Hoe lank moet mens wag?

Ek sukkel veral om te wag wanneer ek beloftes van die Here gekry het, en dit nie binne ‘n sekere tyd realiseer nie. Dikwels begin ek dan wonder of ek reg gehoor het, of dit nie maar net is wat ek graag WOU hoor nie... Ek herinner myself dikwels aan die lied wat sê “even... Continue Reading →

Dit IS tyd!

Daar is die laaste tyd baie geredekawel, gestry en geskryf oor die It’s Time byeenkoms in Bloemfontein.  Daar was kampe vir elke denkwyse... Ek het soms verwonderd na alles gekyk en geluister en gewonder wat die Here hiervan sou sê. Ons verwag mos soort van dat al Sy kinders dieselfde glo. Maar nee, beskuldigings van... Continue Reading →

Ikebana-ma

Ek praat die afgelope week  met ‘n hele paar ma’s wat  soos mislukkings voel, moedeloos met hul onvermoë om vir hul kinders die beste ma te wees. Ek troos en weerspreek hulle gevoelens want ek weet mos hulle is goeie ma’s! Maar ek onthou ook hoe dikwels ek presies dieselfde voel, hoeveel keer ek in... Continue Reading →

Voetspore en groot ore

Enigiemand wat vir ‘n tydperk uit die “formele” werksmark was, sal vir jou kan sê hoe oorweldigend die soekproses kan wees. Ek voel onseker of ek nog goed genoeg is. Het ek nie bietjie agtergeraak met die nuutste metodes nie….het ek ooit regtig geweet wat ek doen?  Met hierdie tipe gedagtes in my kop, vorder... Continue Reading →

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

Katie Majors

author | blogger | speaker

Koskaskenades

The recipes and stories from Caro's Koskaskenades adventure...

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Woestynkind

Die wandelende opinie

Tales for Life

Some stories just need to be told: healing and wholeness in everyday life

En Route

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Stie's Thoughts

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Rhythms of Grace

Thoughts and experiences on my life-journey with God

elanahugo

to learn to yield

Fynbos Letters

Calling a spade a spade

One Thing Alone

Go deeper in your relationship with God through daily devotionals and Bible study tutorials. Join today and get the Quiet Time for Busy Women eCourse for free.

little known path

Be still and know that I am God

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.