As jou bootjie geskud word…

edits (5)

Ek dink die Here hou daarvan om ons op ons tone te hou.

Nie op ‘n vermaaklike “jy-weet-tog-nie-wat-volgende-kom” manier nie, maar eerder op ‘n “kom-bietjie nader-raai-wat-het-Ek-NOG-vir-jou” manier.

Ek is nie iemand wat hou van te veel verandering of skielike verrassings nie. As ek “content” en gelukkig is, het ek geen behoefte aan vuurwerke en verskietende sterre nie.   Ek is tevrede met my lewe soos dit is, my man en kinders is gelukkig en gesond, ek het goeie vriende, bly in die mooiste deel van die land, ek hou daarvan om met mense te werk en as ek dit kan doen sonder betaling is dit vir my heerlik en vervullend.

Maar dan kom druk  die harde werklikheid van die lewe soms sy neus ongevraagd in my rustige bestaan. Finansies wat nie klop nie, familie struwelinge wat ongenooid my voordeur oopskop, onregverdige aantygings,  vriende wat swaarkry, selfs natuurrampe wat ons veiligheid bedreig en kwesbaar laat voel.

Skielik begin ek rondspartel en raak paniekerig, probeer planne maak, vure van onwaar-stories doodslaan, vriende ondersteun en kinders rustig hou. Manlief dra swaar aan die verantwoordelikheid van voorsiening en ek voel skuldig oor my onvermoë om ‘n verskil te maak. My rustige bestaan begin soos ‘n maalkolk voel.

Maar dan hoor ek die stil Stem, duidelik en ferm: “Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is…”  En ek gaan na Hom toe… met my lysie vrae, en versoeke en klagtes. “ Ai Here, kan die lewe nie maar net rustig en goed en vreedsaam aangaan nie?  Is al hierdie hartseer en onmin en bekommernis regtig nodig?”  Hy laat my toe om te huil en te kla, te smeek en te baklei tot ek uitgewoed is (vir die rekord: dit het ‘n paar weke geneem!)  Ek soek antwoorde en oplossings, en sommer ‘n paar weerligstrale ook om skuldiges tot orde te roep.  Maar al wat Hy vir my sê is : “Wees stil, Ek is die Here”;  “Ontspan, Ek is in beheer” ; “Vertrou op My, Ek sal die regte ding op die regte tyd laat gebeur”.

In die proses leer ek regtig om stiller te raak, meer te vertrou, sowaar te ontspan midde in spanningsvolle tye. Ek  leer Hom soveel beter en intiemer ken.  Hy raak  in die proses ontslae van ‘n paar sakke rommel in my binneste waarvan ek nie eers bewus was nie. En ek besef daar is soveel meer om na te streef as ‘n rustige bestaan.  ‘n Mens ontwikkel balans wanneer jou bootjie stormwaters tref en bietjie rondgeruk word, terwyl daar sommer ‘n paar stukke onnodige bagasie oorboord gegooi word. En ‘n bootjie wat stillê, kom in elk geval mos nêrens nie!

Is alles om my nou weer terug na normaal en uitgesorteer?  Nee, nog lank nie.  Maar EK is rustiger en nader aan Hom wat in elk geval alles ten goede sal laat uitwerk, so dis net ‘n kwessie van tyd…

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

Katie Majors

author | blogger | speaker

Koskaskenades

The recipes and stories from Caro's Koskaskenades adventure...

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Woestynkind

Die wandelende opinie

Tales for Life

Some stories just need to be told: healing and wholeness in everyday life

En Route

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Stie's Thoughts

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Rhythms of Grace

Thoughts and experiences on my life-journey with God

elanahugo

to learn to yield

Fynbos Letters

Calling a spade a spade

One Thing Alone

Go deeper in your relationship with God through daily devotionals and Bible study tutorials. Join today and get the Quiet Time for Busy Women eCourse for free.

little known path

Be still and know that I am God

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

%d bloggers like this: