Hoe lank moet mens wag?

wag

Ek sukkel veral om te wag wanneer ek beloftes van die Here gekry het, en dit nie binne ‘n sekere tyd realiseer nie.

Dikwels begin ek dan wonder of ek reg gehoor het, of dit nie maar net is wat ek graag WOU hoor nie…

Ek herinner myself dikwels aan die lied wat sê “even when He’s 4 days late He’s still on time”.  Wel, op die oomblik voel dit vir my asof die Here al 6 maande laat is!  Ek moet myself heeltyd herinner aan Sy belofte, en myself oortuig dat dit Hy was wat gepraat het.

Toe Ousus in 2015 moes besluit oor studieplek , het ons na ‘n hele paar opsies gaan kyk. Gegewe haar studierigting (Interieur Ontwerp), was die meerderheid van die plekke privaat Ontwerpskole wat natuurlik heelwat duurder as universiteit is. Ek het heeltyd in die geld-aspek vasgekyk, en haar probeer oortuig dat die Universiteit van Tegnologie die beter opsie is (alhoewel ek nie in my hart oortuig was dat dit die regte plek vir haar was nie).  Een oggend in my stiltetyd het ek so duidelik ervaar hoe die Here vir my sê dat alles (ook finansies) aan Hom behoort, en hoekom dink ek sal Hy NIE vir Ousus kan sorg by haar eerste keuse Ontwerpskool/Kollege nie. As dit die beste vir haar is, sal HY mos voorsien.

Ons het ons oë toegeknyp en die depositobedrag betaal, sonder om te weet hoe ons die res gaan bybring.  Einde Oktober kom die nuus dat Ousus die einste Kollege se beurs vir volle klasgelde in haar eerste jaar gewen het. Ons is deur die dak van vreugde, en ek besef dat dit net van die Here af kom.  Dit is net vir haar eerste jaar, en word nie herhaal vir verdere studiejare nie, maar ek glo en vertrou nou dat die Here sal voorsien, ook vir die ander 2 jaar.

Fast Forward na 2017…  ons trek in Mei en is agter met Ousus se studiegeld vir haar tweede jaar….  Ons kan op geen manier die maandelikse paaiement saam met ons normale uitgawes bybring nie.  Ek vang myself dat ek elke nou en dan wonder of ek dan verkeerd gehoor het?  As dit die Here se wil was dat sy daar moet wees, sou Hy tog seker voorsien het? As die Here sou voorsien, sou Hy dit tog seker betyds gedoen het??  Wanneer hierdie vrae in my kop begin maal, herinner ek my aan Sy woorde en Sy voorsiening vir 2016.  En dat Hy nooit teruggaan op Sy Woord nie.

En ek wag…..

Hebr 11:1  Geloof is om te glo in dit wat jy nie kan sien nie…

Ps 46:11 Wees stil en weet , Ek is God!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

Katie Majors

author | blogger | speaker

Koskaskenades

The recipes and stories from Caro's Koskaskenades adventure...

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Woestynkind

Die wandelende opinie

Tales for Life

Some stories just need to be told: healing and wholeness in everyday life

En Route

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Stie's Thoughts

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Rhythms of Grace

Thoughts and experiences on my life-journey with God

elanahugo

to learn to yield

Fynbos Letters

Calling a spade a spade

One Thing Alone

Go deeper in your relationship with God through daily devotionals and Bible study tutorials. Join today and get the Quiet Time for Busy Women eCourse for free.

little known path

Be still and know that I am God

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

%d bloggers like this: