Ikebana-ma

ma-wees Ikebana

Ek praat die afgelope week  met ‘n hele paar ma’s wat  soos mislukkings voel, moedeloos met hul onvermoë om vir hul kinders die beste ma te wees.

Ek troos en weerspreek hulle gevoelens want ek weet mos hulle is goeie ma’s!

Maar ek onthou ook hoe dikwels ek presies dieselfde voel, hoeveel keer ek in die verlede in sak en as gaan sit het omdat ek alweer die verkeerde ding gedoen of gesê het.  Die kere wat ek so skuldig gevoel het omdat ek gedagtes van weghardloop gekoester en oorweeg het J

Weereens herinner die Here my aan iets wat jare terug gebeur het toe my dogters nog klein was.

Ma-wees het nie vir my natuurlik gekom nie! Dit was harde werk en ek het gereeld verkeerd opgetree, die verkeerde ding gesê, geskree as ek moes kalm wees….  Ek onthou met skaamte die keer toe ek uit pure woede ‘n borsel stukkend gegooi het omdat my dogtertjies die hele badkamer bespat het  (honderd persent normaal vir gesonde, baddende kleuters!!) en hulle groot verskrikte ogies na my uitbarsting.  EK het permanent met skuldgevoelens rondgeloop.  My vriendinne sou troos en vertel hoe ‘n goeie ma ek is, maar ek het altyd in my agterkop geweet hulle sien nie alles nie, weet nie hoe dikwels ek dit verloor nie.

Op ‘n stadium is ons besig met ‘n kursus by ons gemeente.  Hierdie is een van die skuldgevoelens wat ek met die Here bespreek. Ek ervaar dat Hy vir my sê dat ek wel ‘n goeie ma is en na die sessie stuur Hy selfs ‘n paar vroue wat my kom bemoedig en my ouerskapstyl (of gebrek daaraan! J ) komplimenteer.  Ek voel beter maar in my agterkop bly ek dink…. Hulle sien net die buite-die-huis Suna. Ek het hierdie bevestiging nodig van iemand wat wèèt van die goed èn sleg…

Ek kom laataand by die huis. “Die dogters slaap al” sê my man, “maar hulle het iets vir jou gemaak”  Op die kombuistafel lê iets wat lyk na een van Hilda van Sewende Laan se Ikebana rangskikkings: ‘n wol-en-klei, krale-en-“cracker”, kwas-en-bord skepping met ‘n briefie: Dankie vir alles Mamma.  Onmiddellik weet ek dat hierdie my antwoord van die Here af is!! Ek is dalk nie ‘n model-ma nie, maar Hy sê ek is ‘n GOEIE ma! En waar ek faal, sal Hy die heelmaak werk doen.

Ek glo die vyand se nommer 1 strategie vir ma’s is om ons gefokus  te hou op dit wat ons verkeerd doen, sodat ons vergeet daar is meer dinge wat ons reg doen.  Hy hou  daarvan om ons  te herinner aan ons ouerskapfoute, en ons dan te laat glo dat ons besig is om hierdie arme lewetjies wat aan ons toevertrou is, te ruïneer.

Ek het daardie aand ‘n foto geneem van my Ikebana-bevestiging, en wanneer ek deur skuldgevoelens geteister is, daarna gekyk en onthou wat die Here alles daardie aand vir my kom sê het.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

Katie Majors

author | blogger | speaker

Koskaskenades

The recipes and stories from Caro's Koskaskenades adventure...

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Woestynkind

Die wandelende opinie

Tales for Life

Some stories just need to be told: healing and wholeness in everyday life

En Route

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Stie's Thoughts

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Rhythms of Grace

Thoughts and experiences on my life-journey with God

elanahugo

to learn to yield

Fynbos Letters

Calling a spade a spade

One Thing Alone

Go deeper in your relationship with God through daily devotionals and Bible study tutorials. Join today and get the Quiet Time for Busy Women eCourse for free.

little known path

Be still and know that I am God

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

%d bloggers like this: