Stook jy of blus jy?

blus

Die brande in die Suid-Kaap en veral Knysna het almal van ons in die omgewing, maar ook landswyd, diep geraak.

Skielik het ons besef hoe broos hierdie lewetjies en koninkrykies is waaraan  ons elke dag so verwoed  bou.

Ons emosies het wipplan gery tussen vrees en vreugde,  wanhoop en verbasing, moedeloosheid en oorweldigende dankbaarheid .

Die whatsapps en Facebook boodskappe wat heen en weer gevlieg het het ons later heeltemal verward gehad: wie moet ontruim en wie nie? Waar brand dit? Is dit nou brandstigting of nie? Is daar nog ‘n storm oppad of nie?  By tye was ek woedend oor al die gerugte en leuens wat so goedsmoeds aangestuur word, sonder om seker te maak of dit waar is of nie. En daarmee saam ‘n vuur van ‘n heeltemal ander aard wat aangesteek en gestook word deur woorde en tonge.

Totdat ek besef het dat dit my keuse is om kwaad te word of nie. Dat ek kan kies of ek die boodskappe gaan aanhou lees of nie.  Ek kan KIES waarop ek wil fokus: die mense wat inspring en deurnag help voorrade pak, of diè wat kwansuis hulle self help aan skenkings; op die vrywilliger-vuurvegters  of op die politici wat dit as ‘n bemarkingsgeleentheid sien?  Bewonder ek die mense wat insamelings koördineer en laat gebeur, of vervies ek my vir diè wat leuens versprei en verhoudings probeer versuur?  Kyk ek vas in Zuma se ongevoeligheid en arrogansie of kies ek om te sien hoe die Here hierdie ramp gebruik om verhoudinge oor verskeie grense te ontwikkel en Sy liefde  in die Suid-Kaap uit te stort?

In die proses het ek sommer ‘n hele paar whatsappgroepe verlaat en sommer  my Facebook ook skoongemaak van ‘n  klomp swartgalliges.

Want ek het besef dat dit van MY afhang wat ek in my gedagtes en hart gaan toelaat. Die waarheid en die werklikheid bly wat dit is, en my emosies hoef nie soos die wind rondgewaai te word nie. Ek kan kies of ek die positiewe of die negatiewe wil raaksien en op fokus. Ja, albei is werklikheid, maar die een spoor my aan om ook ‘n verskil te maak, terwyl die ander my moedeloos en kwaad maak.  En op grond van die emosie wat seëvier in my lewe, maak ek al my daaglikse besluite en beoordeel ek alles en almal waarmee ek te doen kry. Gaan ek vure aanstook en of  eerder  help blus en heling bring?  Die keuse is myne , en myne alleen.

Spreuke 3:24: Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

Katie Majors

author | blogger | speaker

Koskaskenades

The recipes and stories from Caro's Koskaskenades adventure...

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Woestynkind

Die wandelende opinie

Tales for Life

Some stories just need to be told: healing and wholeness in everyday life

En Route

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Stie's Thoughts

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Rhythms of Grace

Thoughts and experiences on my life-journey with God

elanahugo

to learn to yield

Fynbos Letters

Calling a spade a spade

One Thing Alone

Go deeper in your relationship with God through daily devotionals and Bible study tutorials. Join today and get the Quiet Time for Busy Women eCourse for free.

little known path

Be still and know that I am God

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

%d bloggers like this: