Voetspore en groot ore

IMG_2864

Enigiemand wat vir ‘n tydperk uit die “formele” werksmark was, sal vir jou kan sê hoe oorweldigend die soekproses kan wees. Ek voel onseker of ek nog goed genoeg is.

Het ek nie bietjie agtergeraak met die nuutste metodes nie….het ek ooit regtig geweet wat ek doen?  Met hierdie tipe gedagtes in my kop, vorder my werksoekery te stadig.

Dan herinner die Here my aan ‘n vorige keer wat ek so oorweldig gevoel het:

Februarie 2009: Ek sit ewe niksvermoedend en weggesteek in een van die agterste rye vir die Vrouediens vergadering na kerk.  Toe daar voorstelle vir ‘n nuwe voorsitster gevra word skenk ek skaars aandag.  Ek hoor wel hoe iemand voor my sê dat die Here vir haar ‘n naam gegee het.  In my enigheid dink ek: dis darem vuil speel daardie… wie kan nou teen daardie soort  “nominasie” stry.  Toe hoor  ek MY naam.  My eerste gedagte is:  “ek het nie besef daar is nog ‘n Suna in die gemeente nie”.

Ek was glad nie die regte persoon vir so ‘n posisie nie: ek is swak met leiding neem, organisasie, bevele uitdeel, planne maak, reëlings tref…  alles wat nodig is om  ‘n dinamiese groep vrouens te lei!

Ek belowe om daaroor te bid. Daardie middag verseker die Here  my oor en oor met skrif : wat jy nie kan doen nie, sal Ek doen. Wanneer  jy swak is, is jy juis sterk in My.  Luister net na My.

Vandag kan ek terugkyk na  4 jaar waarin ek ‘n wonderlike pad  van vertroue  met die Here kon loop. Ek kan getuig hoe Hy my letterlik in die aand voor ‘n groot konferensie wakker gemaak het om te herinner aan iets wat nog gedoen met word. Hoe Hy die perfekte span vrouens om my geplaas het in daardie tyd. Hoe Hy elke funksie en konferensie wat ons aangebied het, geseën het. En hoe elkeen van ons wat daardie tyd betrokke was, kan getuig van ‘n dieper verhouding met Hom EN planne wat bonatuurlik uitgewerk het.

Wat sê die Here dus vir my vandag?  Solank jy gaan waar Ek jou lei en luister na My stem, SAL jy kan doen wat Ek jou gee om te doen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

Katie Majors

author | blogger | speaker

Koskaskenades

The recipes and stories from Caro's Koskaskenades adventure...

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Woestynkind

Die wandelende opinie

Tales for Life

Some stories just need to be told: healing and wholeness in everyday life

En Route

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Stie's Thoughts

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Rhythms of Grace

Thoughts and experiences on my life-journey with God

elanahugo

to learn to yield

Fynbos Letters

Calling a spade a spade

One Thing Alone

Go deeper in your relationship with God through daily devotionals and Bible study tutorials. Join today and get the Quiet Time for Busy Women eCourse for free.

little known path

Be still and know that I am God

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

%d bloggers like this: