Die Luuksheid van Coke

familie tye (11)

Party mense is darem SO gelukkig!  Kan koop wat hul harte begeer, vakansies hou op eksotiese plekke, sommer vinnig op ‘n vliegtuig spring om vir n naweek te gaan kuier.  Terwyl ek met net die nodigste moet klaarkom…..  Of nie??

Ek besef die laaste tyd net weer hoe relatief die lewe is… hoe dit wat ek dink swaarkry is, vir ‘n ander persoon luukses is, en wat ek dink luukses is, vir die volgende ou iets alledaags is.

Die afgelope tyd is ek een dag spesifiek daardeur getref:

My 2 dogters was die vakansie  in 2 uiteenlopende wêrelde:  Kleinsus  op ‘n sending-uitreik na Malawi, terwyl  Ousus as intern by ‘n “classy” Binnenshuis-ontwerper in  Kaapstad gewerk het.  Kommunikasie met Kleinsus is beperk tot krisisse. Sy bel om te sê dat sy nie lekker voel nie, maagprobleme ens. Heel moontlik van die oormaat stylsel in die vorm van pap wat hulle elke dag eet.  Later dieselfde dag bel Ousus  om te vertel van al die mooi en wonderlike dinge waarmee sy te doen kry, hoe lekker sy werk. So terloops vertel sy van ‘n website waarvan ‘n kliënt ligte bestel het, en een lig/lampskerm het R53000 gekos. (Nee, ek het nie  per ongeluk ‘n 0 te veel ingesit nie!!)

Ek lê daardie aand en dink aan die teenstelling: een lampskerm sal heel moontlik ‘n hele village in die suide van Malawi vir ‘n geruime tyd  van kos kan voorsien! Ek raak sommer  opstandig oor die vermorsing van geld op sulke luukses. Na n rukkie besef ek dat ‘n kind uit een van daardie dorpies heel moontlik met dieselfde oë na my spanderingspatrone sal kyk, as wat ek na diè van die lig-koper kyk:  4!! Kussings op een dubbelbed waarop net 2 mense slaap, ‘n huis met 4 slaapkamers waarin net 4 mense woon; verskillende soorte opskepbakke terwyl net 1 of 2 op ‘n slag gebruik word, genoeg koffie bekers dat die hele gesin ten minste elkeen 5 keer kan koffie drink voordat een gewas moet word, skoene vir verskillende geleenthede en om by verskillende uitrustings te pas.  Ek onthou my skaamkry toe ek verlede jaar ‘n vrou se getuienis hoor van hul sendingtyd in Zambië, en hoe een van diè gesin (daar was meer as 14 mense in hierdie uitgebreide gesin as ek reg onthou) se grootste bederwe die 2liter Coke was, wat hulle vir Kersfees gekoop en gedeel het.  Nie coke soos op elke ander dag nie… Coke was ‘n een keer ‘n jaar bederf en een bottel moes gedeel word tussen baie!! (nie soos die foto hierby van ons niggies en nefies kleintyd  elkeen met ons eie blikkie koeldrank nie )

Dit herinner my  aan ‘n aanhaling deur Andrew Bienkowski  “if you are in a position to take things for granted, you are already blessed beyond your needs”

Toe Kleinsus terugkom van Malawi gesels ons oor die luukse wat ons het om te kan eet waarvoor, of omdat, ons lus is vir iets. Om keuses te hê wanneer dit by kos kom. Ons het nie net EEN tipe kos om te eet nie, en ons eet nie NET omdat ons honger is nie.  Ons kan kies!  En dan beny ons mense wat gereeld kan uiteet of duur kosse koop. Dit terwyl ons alreeds geseënd is ver bo ons behoeftes!

Dalk is dit tyd dat ek my alledaagshede, die dinge wat ek as vanselfsprekend beskou, begin sien vir wat dit is: luuksheid in die oortreffende trap!

Advertisements

One thought on “Die Luuksheid van Coke

Add yours

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

Katie Majors

author | blogger | speaker

Koskaskenades

The recipes and stories from Caro's Koskaskenades adventure...

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Woestynkind

Die wandelende opinie

Tales for Life

Some stories just need to be told: healing and wholeness in everyday life

En Route

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Stie's Thoughts

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Rhythms of Grace

Thoughts and experiences on my life-journey with God

elanahugo

to learn to yield

Fynbos Letters

Calling a spade a spade

One Thing Alone

Go deeper in your relationship with God through daily devotionals and Bible study tutorials. Join today and get the Quiet Time for Busy Women eCourse for free.

little known path

Be still and know that I am God

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

%d bloggers like this: