Dankbaarheid-Donderdag

 

Verlede week lees ek op die blog Salt and Light haar inskrywing oor Thankful Thursdays, en dit het my aan die dink gesit. Dalk is dit tyd dat ek ook meer gereeld neerskryf wat die dinge is waarvoor ek dankbaar is. Dit is mos ook deel van my storie en God se reis met my.  So vandag is dit wat ek doen:

Ek is dankbaar vir:

  • Die heerlike, oorvloedige reën wat buite val!! Die geluid van reën as jy wakker word, die geswiesh van die karre op die nat pad, dat ek my ruitveërs op hul vinnigste moes stel, dat my kantoor se dak die geluid van die druppels hoorbaar maak, dat dit buite sop-sopnat is!! As dit nie so snerpend koud was nie het ek sowaar in die reën gaan stap net om deurnat die water op my vel te voel!   rain-falling-in-the-water-close-up
  • Ek is dankbaar vir Woensdagaand hartsgeselsies rondom sop en pannekoek en koffie met my mede-selgroeplede. Om elke Woensdagaand saam te lag en te huil, vrae te vra en te ondersteun, te bid en te luister. Saam met mense wat net soos ek nie perfek is nie, maar almal ge”handpick” deur die Here om deel te wees van hierdie groep.
  • Ek is dankbaar dat Ousus die naweek kan kom kuier! Dat sy nie so ver weg studeer digbundelsdat ons haar net vakansies sien nie.
  • Ek is dankbaar vir die liefde vir gedigte wat ek en Kleinsus deel. Vir die heerlike tjanksessie wat ek nou die aand sommer so tussen die kosmaak deur gehad het, omdat die gedig wat sy vir my kom lees het, so hartverskeurend mooi was. Dit het aanleiding daartoe gegee dat ek ‘n klomp ou digbundels gaan uitkrap het, en ons  die res van die aand gedigte gesoek en gelees het. Dit het sommer ‘n klomp herinneringe van skool/koshuis dae opgeroep toe ek en my beste vriendin Susan ook sulke sessies ingewerk het.
  • Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening, somtyds op vreemde maniere. En die rustigheid wat ek kan hê selfs wanneer dit swaar gaan, want ek WEET Hy sal sorg.
  • Ek is dankbaar dat my ouers ‘n goeie blyplek in Johannesburg gekry het, en nou weer kinders en kleinkinders naby hulle het wat vir hulle kan omgee en by hulle kan kuier.
  • Ek is dankbaar dat die Here my soms op vreemde paaie lei, dinge gee om te doen wat ek nie self sou gekies het nie. En dat ek daardeur nuwe vaardighede leer, nuwe mense ontmoet, Hom meer moet vertrou en sommer net verryk word.jasmyn
  • Ek is dankbaar vir die eerste jasmynbossies wat in ons straat begin blom het, en vir die soet geur daarvan wat ver deur die naglug draal as ons gaan stap. My teken dat die lente oppad is en nuwe lewe ‘n sekerheid is.
  • Ek is baie dankbaar dat daar nog net 2 Saterdae van werk by skoolsportdae vir my oor is ☺☺
  • Ek is vreeslik dankbaar vir ‘n elektriese kombers wat die skok van ‘n koue bed uitskakel in die aand
  • Ek is dankbaar dat ek aan die voet van die mooiste, mooiste berg woon. Vir die sug van genoegdoening en vrede wat uit my ontsnap elke keer as ek daarna kan kyk. Ons berg is majestieus en sag en koesterend. Ek kan van Mosselbaai af die Outeniquas sien  en weet:  aan die voet van daardie piek sit my huis!berg
Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

Katie Majors

author | blogger | speaker

Koskaskenades

The recipes and stories from Caro's Koskaskenades adventure...

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Lekkervurigeaffêre

Sommer oor alles wat my hart warm laat klop.

Woestynkind

Die wandelende opinie

Tales for Life

Some stories just need to be told: healing and wholeness in everyday life

En Route

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Stie's Thoughts

Thoughts and experiences on my life-journey with God

Rhythms of Grace

Thoughts and experiences on my life-journey with God

elanahugo

to learn to yield

Fynbos Letters

Calling a spade a spade

One Thing Alone

Go deeper in your relationship with God through daily devotionals and Bible study tutorials. Join today and get the Quiet Time for Busy Women eCourse for free.

little known path

Be still and know that I am God

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

%d bloggers like this: